Where did it all start? This is a question that is sometimes difficult to answer. I think the best is to start right at the begining. And yes I am going to do my blog's in Afrikaans because that is only language in which I can truly express myself. To be honest I also don't want to be flooded with messages telling me about spelling mistakes and wrong tenses.
Bloemfontein was en sal altyd my 'huis' wees, al bly ek nie meer daar nie. Dis waar ek groot geword het, my tiener fase beleef het, 'n student was en ook my man ontmoet het. My hoofstuk in Bloemfontein was vir eers gestop met my troue toe ek die Vrystaat verlaat het om 'n toekoms te kom bou in Gauteng. Bloemfontein toe en Bloemfontein vandag is verseker nie dieselfde nie. Ek dink vir 'n hele paar jaar was dit eindlik maar net 'n groot dorp maar met KOVIES en die militêre basis daar kon dit seker maar deurgaan as 'n stad. Net soos wat elke dorpie of stad sy unieke kenmerk het, is Bloemfontein sin verseker Naval Hill. 'n Natuurreservaat bekend vir verskeie redes.
Ek kan so goed onthou dat die strate 'n plek was waar jy veilig met 'n fiets in die straat kon ry, vinnig na die kafee om die hoek kon loop en by jou maatjies kuier tot die straatligte aangekom het. Soms het jy selfs in die donker sommer huistoe gestap ook. Ja ek weet tye het verander en dit is hoekom mens baie van hierdie lekker kinderwees goed nie meer kan doen nie maar hierdie is my storie.
Ek kan so goed onthou hoe opgewonde ek was om in die oggend daardie voordeur oop te maak om die melkbottels in die huis in te bring en as ma en pa lus was vir bederf dan was daar sommer 'n bottel met lemoensap ook. Die huis het altyd die reuk gehad van iets wat gebak word en Sondag was dit groot middagete waar ons ook soms toegelaat was om 'n glasie wyn te drink.
In die week is jy skool toe en na skool het jy deelgeneem aan elke moontlike buitemuurse aktiwiteit. Naweke was daar vir kindwees en dinge doen van 'n kind. Oorslaap my maatjies en 'n krismisbed maak voor die TV. Ons was so onskuldig en het net die mooi en onskuld in die lewe raak gesien, onbewus oor wat eindlik besig was om te gebeur in die "grootmens" wêreld.
Dinge het verseker verander in my tiener jare. Die afwagting vir die melkbottels by die voordeur het plek gemaak vir elke week se Huisgenoot. Almal het in spanning gewag om te sien watter superster hierdie week in die middel van die tydskrif is. Nog voor iemand die Huisgenoot kon lees was daardie middel prent reeds teen iemand se muur op.
Ek glo dat ek maar in die "tipiese" Afrikaanse huis groot geword het met Christelike beginsels en respek teenoor jou ouers en hulle gesag. Soms dink ek dat my ouers dalk bietjie strenger was as van my vriende se ouers. Hulle woord was wet en jy het nie gedurf verskil van hulle of jou eie opinie gelig nie. So ja ek het maar by die reëls gehou en nooit gerebeleer nie, iets wat my later in my lewe lelik in die gat sou kom byt. Tog ten spyte van hierdie was daar nooit 'n tekort aan liefde, omgee, waardeering en respek in my ouerhuis nie.
Vandag noem die jeug hulle "pliggies" maar dis nie eindlik wat ek sal sê ek was nie. Ek het maar net gehou van skool. Ek het dit gelove om nuwe dinge te leer en om aan alle skoolaktiwiteite deel te neem. Ek het nie baie vriende gehad op skool nie , maar my vriende was versigtig gekies omdat my vertroue in ander mense maar min was. Akademies het ek baie goed gevaar op skool en was ek nooit bekommerd oor 'n vak druip of iets nie. Is ek slim? Nee, verseker nie, ek was net gelukkig om een van daardie mense te wees wat op gelet het in die klas en hard geleer het. Ek het 'n einddoel gehad vir wat ek wou gaan studeer maar het geweet dat ek sal moet hard leer om net die geleentheid te kry.
Die kerk was my toevlugsoord, hier het ek veilig en geliefd gevoel. Ek was betrokke met die jeug in die kerk. Leier van die jeug, 'n jeug bybelstudie groepie gehad, gehelp met die kinderkerk en ook Sondagskool gegee. Ek dink my werk met die jeug het die saadjie geplant om mense te help, te dien en te ondersteun.
Ek het reeds van 'n jong ouderdom geleer dat geld regtig nie op bome groei nie en dat mens moet werk vir dit wat jy in die lewe wil bereik. Eers moes ek werk vir sakgeld en vandat ek 16 was het ek gewerk in KFC vir 'n maandelikse salaris. My ouers was nie in die finansieële posisie om vir my studies te betaal nie en dit is waar ek vir die eerste keer in my lewe geld moes leen om iets te kan doen maar later meer daaroor.
Ek dink voor ek weer my volgende blog post, is dit nodig dat ek net so vinnig vertel van my familie vir future reference.
Ek het het 'n suster en broer. En WHOOPIE ek is die middel kind. Ek sal in 'n ander blog meer verduidelik van middel kind sindroom. My suster is 4 jaar ouer as ek en daar was nooit regtig 'n special bond tussen ons nie. Ja as klein dogterjies het ons saam gespeel maar as tieners was daar nie regtig iets spesiaal nie. Ons persoonlikhede en belangstellings was net heeltemal die teenoorgestelde. Ek dink maar net ons was anders. Ek het geen kontak met haar nie (julle sal wel later uitvind hoekom) en weet net dat sy al vir 10 jaar iewers in die buiteland bly.
Dan my broer, ag kom ons sê nou maar boeta want hy sal altyd my ou boetie bly. Daar is 'n ongelooflike ouderdoms gap tussen ons. Hy is 'n hele 11 jaar jonger as ek. So ja hy is gebore letterlik toe ek nog pop gespeel het en dit was AWESOME want toe het ek 'n lewendige pop gekry. Ek was baie betrokke by my boetjie se grootmaak letterlik totdat ek uit die huis uit is. Hy was baie vroeg gebore en het 'n paar fisies en verstandelike probleme gehad. Hy het na 'n skool gegaan vir kinders met spesiale behoeftes maar ek het hom nooit anders gesien as enige ander normale kind nie. Ek dink die blootstelling wat ek hier gekry het, het verseker ook daardie passie vir spesiale kinders aangewakker. Hy en soveel van die kinders in sy skool het my gewys dat maak nie saak wat nie, niks in die lewe moet jou terughou nie.
Almal sê altyd hulle het die beste ouers maar my ouers is beslis diamante in my oë. Hulle het soveel oorkom en oorleef in hulle lewens dat ek nie anders kan as om in hulle diep voetspore te probeer loop nie. My ma het 'n hartaanval, hartomleiding sowel as borskanker oorleef. My pa het velkanker oorleef en suffer elke dag met rheumatoid arthritis. Ten spyte van my pa se ouderdom, diep in die 70's, werk hy nogsteeds as 'n rep in die Vrystaat en Noord-Kaap. By hom het ek geleer wat vasbyt, trots en harde werk is.
Vir nou het ek genoeg gedeel oor die nice, die lekker, die maanskyn en die rose. Volgende keer begin ek die realiteit van my lewe deel.