29 Jul


Ek ruim alweer my kop op, veg teen die stof en warboel. Maar my gedates bly draai om die woorde ONTNUGTERING, AANVAARDING & VERWONDERING.

Daar is soveel leuens wat aan ons verkoop word wanneer ons kinders is. Ons almal lees van prinse wat prinsesse red en "happily ever after" leef. Die idee van die superhero wat iemand kom red. Ons samelewing vul ons gedagtewêrld met drome en visioene van 'n wonderskoon, dolgelukkige toekoms en dat jy alles kan doen wat jy kan visualiseer.

Ek skiet nie drome af nie maar tog word ek ontnugter oor hoe moeilik dit regtig is om "groot" te wees.

Na die "fairytale" troue lê daar 'n baie lang pad voor. Waar jy dag tot dag moet oorleef. Weg is al die kastele en goue koetse.

Anderkant hierdie ontnugtering lê daar 'n paar besluite vir ons elkeen voor.

Eerste is die aanvaarding dat die realiteit en die droom nie dieselfde ding is nie en dit is okay. Dit is regtig okay dat die realiteit baie rowwer en harder werk as die droom is. Dan die besef dat die oomblik van verwondering - daardie WOW gevoel waarna jy soek - 90% van die tyd self geskep word. Ons skep die mooi oomblikke waar alles sin maak en waar jy lag uit jou diepste self.


Tog is daar ons wonderlike natuurskoonheid - reënboë, sonsopkoms, sonsondergang. Alles daar vir ons om te geniet maar as jy nie STOP en KYK nie gaan jy dit mis. As jy nie tussen die dolle gejaag van die lewe stop nie. Gaan jy jou tyd saam met jou geliefdes mis. Jy moet daardie oomblikke waar alles sin maak self skep, stil staan in daardie oomblik en foto's neem in jou kop.

Hierdie fotos dra ons deur die alledaagse, die harde werk en al die uitdagings. Die grootste deel van "groot" wees is flippen hard. Jy het egter keuses.

Jy kan kies om jou ontnugterde verwagtinge van grootwees te vervang met aanvaarding en oomblikke van verwondering wat jy skep binne die realiteit van mens wees in hierdie stukkende wêreld.

Comments
* The email will not be published on the website.